koemkwat [boodskap #131252] |
Ma, 11 Mei 2020 14:59 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
koemkwat
Afbreking: koem•kwat
Uitspraak: /ˈkumkvɑt/, /ˈkumkʋɑt/
Selfstandige naamwoord: koemkwat
Meervoud: koemkwate, koemkwats
Verkleinwoord: koemkwatjie
Meervoud van verkleining: koemkwatjies
Betekenis:
• Die sitrusboom Citrus fortunella of die vrugte daarvan, wat veral as geursel in konfyt gebruik word.
Gebruik:
• Die koemkwat se vrugte is gewoonlik suur, maar die skil is soet. Gevolglik word dit gewoonlik met skil en al geëet.
Spelfout:
• koemkwart
• kumkwart
Vertaling:
Engels: kumquat, cumquat
Nederlands: kumquat
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|