Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » nimf
nimf [boodskap #131247] Ma, 11 Mei 2020 11:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20792
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Portret van Hylas en die nimfe, deur John William Waterhouse.
Portret van Hylas en die nimfe, deur John William Waterhouse.
nimf
Afbreking: nimf


Selfstandige naamwoord: nimf
Meervoud: nimfe
Verkleinwoord: nimfie
Meervoud van verkleining: nimfies

Betekenis:
• (mitologie) Mitologiese wese, 'n halfgodin van die natuur, gewoonlik met 'n spesifieke plek verbind.
• (figuurlik) 'n Mooi, bekoorlike meisie.
• (biologie) Onvolwasse stadium van diere wat 'n onvolledige gedaanteverwisseling ondergaan.

Gebruik:
• 'n Nimf is gewoonlik vroulik, in wit geklee en met blomme versier.
• Sy was soos 'n nimf in die water en die son het op haar hare geglinster.
• 'n Kriek se lewensiklus bestaan uit 'n eierstadium, 'n larwe- of nimfstadium (wat toenemend soos die volwassene lyk namate die nimf groei) en 'n volwasse stadium.

Hiponiem:
• boomnimf
• bosnimf
• seenimf
• waternimf

Afgelei:
• nimfagtig
• nimfomaan
• nimfomanie
• nimfstadium

Vertaling:
Engels: nymph
Nederlands: nimf

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: outotipie
Volgende onderwerp: voetganger
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Nov 25 05:09:19 MGT 2024