skerm [boodskap #131244] |
So, 10 Mei 2020 15:25 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skerm
Afbreking: skerm
Selfstandige naamwoord: skerm
Meervoud: skerms
Verkleinwoord: skermpie
Meervoud van verkleining: skermpies
Betekenis:
• 'n Raamwerk of afskorting wat privaatheid of veiligheid bied.
• Vlak of doek waarop beelde en teks geprojekteer word; monitor.
• (sport) Skermkuns, 'n gevegsport.
• (biologie) Bloeiwyse van blomme wat op 'n vlak uitsprei.
Gebruik:
• Die lig se skerm het gebreek.
• Die rekenaar se skerm het gekraak.
• Skerm is 'n sport waarin behendigheid met die swaard by aanval en verdediging getoets word.
• 'n Lelie se blomme kom in trosse of 'n skerm aan die punt van die stingel voor.
Afgelei:
• kookskerm
• lampskerm
• mondskerm
• rekenaarskerm
• rolprentskerm
• televisieskerm
• TV-skerm
• windskerm
Vertaling:
Engels: curtain; screen; fencing
Nederlands: scherm
Werkwoord: skerm
Verlede tyd: het geskerm
Betekenis:
• (sport) Skermkuns beoefen of skynboks.
• (figuurlik) Ontwykend antwoord.
Gebruik:
• Die soldate het teen mekaar geskerm.
• Die politikus skerm meesterlik om lastige vrae te ontwyk.
Vertaling:
Engels: to fence; to protect
Nederlands: scherm
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|