sonbaan [boodskap #131240] |
So, 10 Mei 2020 12:59 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sonbaan
Afbreking: son•baan
Samestelling: son + baan
Selfstandige naamwoord: sonbaan
Meervoud: sonbane
Verkleinwoord: sonbaantjie
Meervoud van verkleining: sonbaantjies
Betekenis:
• Skynbare sonpad. Die sirkel aan die hemel wat die son skynbaar in een jaar aflê, in werklikheid dus die aardbaan.
Gebruik:
• Die Toring van Babel was tempeltoring waarop 'n sodiak of diereriem, d.w.s. 'n gordel van 12 sterrebeelde in die sonbaan, aangebring is.
Sinoniem:
• aardbaan
• ekliptika
• sonpad
• sonneweg
Vertaling:
Engels: solar path, ecliptic
Nederlands: zonnebaan, zonneweg, ecliptica
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|