burg [boodskap #131222 ]
Sat, 09 May 2020 07:09
Leksikograaf
Boodskappe: 21000Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Burg Els, 'n kasteel in Duitsland.
burg
Afbreking: burg
Uitspraak: /bœrχ/
Selfstandige naamwoord: burg
Meervoud: burge , burgte
Betekenis:
• 'n Versterkte kasteel; plek met 'n grag, hoë walle of swaar mure.
Gebruik:
• Die terme kasteel en burg verwys na die adellike vestings wat in die Middeleeue vir politieke, strategiese en militêre redes opgerig is.
Vertaling:
Engels: castle, stronghold
Nederlands: burcht
Selfstandige naamwoord: burg
Meervoud: burge
Betekenis:
• 'n Gekastreerde vark.
Gebruik:
• 'n Vark is soogdier met gesplete hoef, waarvan die manlike vark beer, die gekastreerde burg , die vroulike sog, en die onvolwasse varkie heet.
Vertaling:
Engels: ostracised pig, hog, barrow
Nederlands: barg
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.