Leksikograaf Boodskappe: 24166 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die boom van die lewe.biologie
Afbreking: bio•lo•gie
Uitspraak: /biɔlɔˈxi/
Selfstandige naamwoord: biologie
Meervoud: –
Betekenis:
• Die wetenskap van lewe, gemoeid met die eienskappe en gedrag van organismes, hoe spesies en individue ontstaan, asook die wisselwerkings tussen hulle onderling en tussen hulle en hul omgewing.
Gebruik:
• Biologie beslaan 'n wye spektrum van vakgebiede wat dikwels as onafhanklike dissiplines beskou word; as sambreelterm is dit die vakgebied van die bestudering van lewe op verskillende skale.
Afgelei:
• biologieboek
• mikrobiologie
Verwant:
• bioloog
• biologies
Vertaling:
Engels: biology
Nederlands: biologie
Nota:
• Van βίος (bíos; "lewe") en λόγος (lógos; "rede, leer") met die agtervoegsel -ία (-ía; abstrakte vorm).
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.