twis [boodskap #131207] |
Thu, 07 May 2020 20:27 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21000 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
twis
Afbreking: twis
Selfstandige naamwoord: twis
Meervoud: twiste
Verkleinwoord: twissie
Meervoud van verkleining: twissies
Betekenis:
• 'n Langdurige geskil; onenigheid; rusie; bakleiery.
Gebruik:
• Hopelik kan die twis nou eindelik bygelê word.
Afgelei:
• twisappel
• twisgeskrif
• twisgierig
• twispunt
• twissoeker
• twisvraag
Vertaling:
Engels: quarrel, dispute, strife
Nederlands: twist
Werkwoord: twis
Verlede tyd: het getwis
Betekenis:
• Rusie maak; stry; baklei; argumenteer.
Gebruik:
• Hulle twis gedurig oor onbenullighede.
Spreekwoord:
• Terwyl die herders twis, roof die wolf die skape. [Gebrek aan samewerking lei tot ondergang.]
Vertaling:
Engels: to quarrel, argue, dispute
Nederlands: twisten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|