battery [boodskap #131192] |
Wed, 06 May 2020 07:19 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21000 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
battery
Afbreking: bat•te•ry
Uitspraak: /bɑtəˈrəɪ̯/
Selfstandige naamwoord: battery
Meervoud: batterye
Verkleinwoord: batterytjie
Meervoud van verkleining: batterytjies
Betekenis:
• Toestel wat elektrisiteit deur 'n chemiese reaksie ontwikkel.
• (militêr) Aantal kanonne met die manskappe wat hulle bedien.
Gebruik:
• Die motor se battery is pap.
• Die infanterie beskik oor 'n kragtige battery.
Afkorting:
• batt.
• bty.
Afgelei:
• batterykapasiteit
• batteryklamp
• batteryklem
• batterylaaier
• batteryspanning
• batterysuur
Vertaling:
Engels: battery, accumulator
Nederlands: batterij, accu
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|