sterilisasie [boodskap #131169] |
Mon, 04 May 2020 18:28 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21000 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sterilisasie
Afbreking: ste•ri•li•sa•sie
Selfstandige naamwoord: sterilisasie
Meervoud: –
Betekenis:
• Siektekieme doodmaak; kiemvrymaking.
• Onvrugbaar maak om reproduksie te verhoed; onvrugbaarmaking.
Gebruik:
• Die sterilisasie van bottels en fopspene is noodsaaklik om jou baba teen siektes te beskerm.
• Sterilisasie van troeteldiere hou talle voordele in.
Vertaling:
Engels: sterilization
Nederlands: sterilisatie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|