karba [boodskap #131165] |
Sun, 03 May 2020 20:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21000 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
karba
Afbreking: kar•ba
Selfstandige naamwoord: karba
Meervoud: karba's
Verkleinwoord: karba'tjie
Meervoud van verkleining: karba'tjies
Betekenis:
• Groot bottel (fles) met 'n kort nek wat met tou- of mandjiewerk omhul is, soms met een of twee handvatsels.
Gebruik:
• Die boemelaar koop 'n witbrood en 'n karba wyn teen die koue.
Afgelei:
• karbavormig
Vertaling:
Engels: carboy, demi-john, wicker-bottle
Nederlands: mandfles, korffles, dame-jeanne
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|