suisel [boodskap #131164] |
Sun, 03 May 2020 20:27 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21000 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
suisel
Afbreking: sui•sel
Werkwoord: suisel
Verlede tyd: het gesuisel
Betekenis:
• (verouderd) 'n Sagte suisende of ruisende geluid maak.
Gebruik:
• Saggies suisel die treurwilg in die wind.
Sinoniem:
• ritsel
• ruis
• suis
Afgelei:
• suiseling
Vertaling:
Engels: to rustle, hum, buzz
Nederlands: suizelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|