epigram [boodskap #131162] |
Sun, 03 May 2020 16:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21000 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
epigram
Afbreking: e•pi•gram
Selfstandige naamwoord: epigram
Meervoud: epigramme
Betekenis:
• 'n Kort, pittige en puntige gedig wat 'n satiriese of grappige gedagte verwoord.
Gebruik:
• 'n Epigram was aanvanklik 'n inskripsie wat op 'n plek (soos 'n kruik, gedenkteken of grafsteen) aangebring is, maar het gou 'n spesifieke digvorm geword.
Sinoniem:
• puntdig
Afgelei:
• epigrammaties
Vertaling:
Engels: epigram
Nederlands: epigram
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|