Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kraag
kraag [boodskap #131150] Sun, 03 May 2020 07:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21000
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kraag.
'n Kraag.
kraag
Afbreking: kraag


Selfstandige naamwoord: kraag
Meervoud: krae
Verkleinwoord: kragie
Meervoud van verkleining: kragies

Betekenis:
• Kledingstuk om die nek (hals) of omgevoude rand van 'n kledingstuk by die halsopening.
• Iets wat soos 'n kraag lyk, soos die nekvere van 'n aasvoël.

Gebruik:
• Jy moet die hemp se kraag ook stryk.
• 'n Leeumannetjie het 'n prominente kraag van maanhare.

Sinoniem:
• boordjie

Afgelei:
• kraagmannetjie
• kraagomslag
• kraagruiker
• kraagsteen

Vertaling:
Engels: collar; frill
Nederlands: kraag

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kopseer
Volgende onderwerp: kraagmannetjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 12:37:39 UTC 2025