kopseer [boodskap #131149] |
Sun, 03 May 2020 07:28 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21000 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kopseer
Afbreking: kop•seer
Samestelling: kop + seer
Selfstandige naamwoord: kopseer
Meervoud: kopsere
Verkleinwoord: kopseertjie
Meervoud van verkleining: kopseertjies
Betekenis:
• 'n Pyn in die omgewing van die kop of nek.
Gebruik:
• 'n Kloppende kopseer het my stilletjies bekruip en homself in my slape kom tuismaak.
Sinoniem:
• hoofpyn
Vertaling:
Engels: headache
Nederlands: hoofdpijn
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|