Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hef
hef [boodskap #131141] Sa, 02 Mei 2020 09:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20792
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die hef van 'n mes.
Die hef van 'n mes.
hef
Afbreking: hef


Selfstandige naamwoord: hef
Meervoud: hefte, hewwe
Verkleinwoord: heffie
Meervoud van verkleining: heffies

Betekenis:
• Die handvatsel (agterste deel) van 'n mes, vurk of ander handgereedskap.

Gebruik:
• 'n Mes het 'n hef en 'n lem wat aan die een of albei kante skerpgemaak is.

Spreekwoord:
• Die hef in die hand hê. [Die mag hê; baas wees.]
• Weet hoe die vurk in die hef steek. [Presies weet hoe sake staan.]

Vertaling:
Engels: handle
Nederlands: heft, handvat


Werkwoord: hef
Verlede tyd: het gehef

Betekenis:
• Geld ('n heffing) insamel of betaal.
• (formeel) Na bo lig.

Gebruik:
• Belasting word nie op brood gehef nie.
• Hulle hef die kis bo hul koppe.

Afgelei:
• aanhef
• ophef
• verhef

Vertaling:
Engels: to impose; to raise, haul, lift, heave
Nederlands: heffen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wip
Volgende onderwerp: bra
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Nov 25 04:27:51 MGT 2024