Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aankoop
aankoop [boodskap #131128] Sat, 02 May 2020 07:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20993
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
aankoop
Afbreking: aan•koop
Samestelling: aan + koop


Werkwoord: koop aan, aankoop
Verlede tyd: het aangekoop

Betekenis:
• Deur koop as eiendom verwerf.

Gebruik:
• Die voorraad is laag, ons sal proviand moet aankoop.

Sinoniem:
• aanskaf
• koop

Antoniem:
• verkoop

Afgelei:
• aankoopkoste
• aankoopprys
• aankoopsom
• aankoper

Vertaling:
Engels: to purchase, buy, acquire
Nederlands: aankopen


Selfstandige naamwoord: aankoop
Meervoud: aankope
Verkleinwoord: aankopie
Meervoud van verkleining: aankopies

Betekenis:
• Die handeling van aankoop, of dit wat aangekoop is.

Gebruik:
• Is jy darem tevrede met jou nuutste aankopie?

Vertaling:
Engels: purchase
Nederlands: aankoop

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aankla
Volgende onderwerp: aanraak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 04:28:47 UTC 2025