Betekenis:
• (gereedskap) 'n Swaar blok waarop 'n smid smeewerk doen (warm metale hamer).
• (anatomie) 'n Beentjie in die middeloor wat soos die gereedskap lyk.
Gebruik:
• Die grofsmid het die warm yster op sy aambeeld gelê en dit met sy hamer gevorm.
• Daar is drie klein beentjies in die middeloor, naamlik: die hamer (malleus), aambeeld (inkus) en die stiebeuel (stapes).
Spreekwoord:
• Hy is nou tussen hamer en aambeeld. [Tussen twee groot moeilikhede.]
• Altyd op dieselfde aambeeld hamer. [Tot vervelens toe oor dieselfde onderwerp praat.]