denneboom [boodskap #131114] |
Fri, 01 May 2020 07:30 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
denneboom
Afbreking: den•ne•boom
Selfstandige naamwoord: denneboom
Meervoud: dennebome
Verkleinwoord: denneboompie
Meervoud van verkleining: denneboompies
Betekenis:
• 'n Keëldraende naaldboom van die genus Pinus.
Gebruik:
• Reteen is 'n produk wat van die denneboom se teer vervaardig word.
Sinoniem:
• den
• pynboom
• kersboom
Verwant:
• dennebol
• dennebos
• dennelaan
• dennenaald
Vertaling:
Engels: pine, pine tree
Nederlands: den
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|