Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » spruit
spruit [boodskap #131113] Fri, 01 May 2020 07:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20993
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Spruit.
'n Spruit.
spruit
Afbreking: spruit
Uitspraak: /sprœʏ̯t/


Selfstandige naamwoord: spruit
Meervoud: spruite
Verkleinwoord: spruitjie
Meervoud van verkleining: spruitjies

Betekenis:
• 'n Riviertjie, klein sytak van 'n rivier.
• 'n Kind of afstammeling.
• (plantkunde) 'n Uitloper of loot.

Gebruik:
• Na die swaar reën in die spruit in vloed.
• My spruit het in sy 6-jarige wysheid besluit om vir sy ouma wat oorsee woon te gaan kuier.
• Bring 'n pot met water tot kookpunt en dompel die Brusselse spruite in die water.

Sinoniem:
• beek
• loop
• stroom

Vertaling:
Engels: stream, brook, tributary; offspring, offshoot; shoot, sprout
Nederlands: spruit

Brusselse spruite
Brusselse spruite

Werkwoord: spruit
Verlede tyd: het gespruit

Betekenis:
• Lote, uitlopers maak.
• Voortkom, voortvloei.

Gebruik:
• Die plante spruit in die lente.
• Die openbare beskermer se verslag spruit uit 'n klag wat aanhangig gemaak is.

Afgelei:
• spruitkool

Vertaling:
Engels: to shoot, sprout, bud; to spring, arise, descend
Nederlands: spruiten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gade
Volgende onderwerp: denneboom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 04:53:05 UTC 2025