Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hek
hek [boodskap #131110] Thu, 30 April 2020 21:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20993
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Hek.
'n Hek.
hek
Afbreking: hek


Selfstandige naamwoord: hek
Meervoud: hekke
Verkleinwoord: hekkie
Meervoud van verkleining: hekkies

Betekenis:
• 'n Deur in 'n heining of 'n muur. Beweegbare konstruksie wat as afsluiting van 'n deurgang dien.

Gebruik:
• Maak die hek toe sodat die hond nie kan uitkom nie.

Spreekwoord:
• Die hek is uit die kraal. [Daar is nie meer toesig nie.]
• As een skaap deur die hek is, volg al die ander. [As een die voorbeeld gee of voorgaan, volg almal.]

Afgelei:
• draadhek
• draaihek
• plaashek
• tuinhek
• veiligheidshek

Vertaling:
Engels: gate, stile, turnpike
Nederlands: hek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: rig
Volgende onderwerp: afhanklik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 04:59:44 UTC 2025