bond [boodskap #131100] |
Thu, 30 April 2020 15:30 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bond
Afbreking: bond
Selfstandige naamwoord: bond
Meervoud: bonde
Verkleinwoord: bondjie
Meervoud van verkleining: bondjies
Betekenis:
• Samewerkingsverband van mense of lande.
• 'n Vereniging.
Gebruik:
• Die Deliese Bond was 'n assosiasie van ongeveer 150 Griekse stadstate wat die stryd teen die Persiese ryk in die 5e eeu v.C. voortgesit het.
• Die beskerming van ons landstaal moet hoofsaak wees van so 'n bond, want taal en nasie is een, en die wat dit nie tot doelwit stel nie, moet liewers nie lid word van ons bond nie. [S.J. du Toit]
Afgelei:
• bondgenoot
• bondgenootskap
• bondseël
• bondsrepubliek
• bondstaat
• bondsvolk
• Volkebond
Homofoon:
• bont (veelkleurig)
Vertaling:
Engels: bond, league, confederation
Nederlands: bond
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|