Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » golf
golf [boodskap #131076] Mon, 27 April 2020 13:30
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20993
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Golwe in die see.
Golwe in die see.
golf
Afbreking: golf


Selfstandige naamwoord: golf
Meervoud: golwe
Verkleinwoord: golfie
Meervoud van verkleining: golfies

Betekenis:
• Opwaartse versteuring in 'n watervlak, meestal veroorsaak deur die wind.
• (aardrykskunde) 'n Groot baai.
• (natuurkunde) 'n Verstoring wat in 'n medium soos die lug of water voorplant.
• (taalkunde) Letterkode in die ITU/NAVO-spelalfabet vir die letter g.

Gebruik:
• 'n Groot golf het die skip omgeslaan.
• Die Persiese Golf is weens sy rykdom aan ruolie en aardgas van groot strategiese belang.
• Die golflengte (λ) van ’n golf is die afstand tussen twee opeenvolgende punte in die golf wat in fase is en in meter (m) gemeet word.
• Alfa, bravo, charlie, delta, echo, foxtrot, golf, ...

Hiponiem:
• fratsgolf
• klankgolf
• seegolf
• skokgolf

Afgelei:
• golfband
• golfbreker

Verwant:
• brander

Vertaling:
Engels: wave, billow; bay, gulf
Nederlands: golf


Werkwoord: golf
Verlede tyd: het gegolf

Betekenis:
• 'n Golfvormige beweging maak.

Gebruik:
• Die graan golf in die wind.

Vertaling:
Engels: to wave, undulate
Nederlands: golven

Nota:
• Moenie "golf" met "gholf" (die sport) verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bushalte
Volgende onderwerp: saponiet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 04:30:14 UTC 2025