Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » eerbiedig
eerbiedig [boodskap #131062] Sun, 26 April 2020 18:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20993
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
eerbiedig
Afbreking: eer•bie•dig


Byvoeglike naamwoord: eerbiedig
Vergrotende trap: eerbiediger
Oortreffende trap: eerbiedigste
Attributief: eerbiedige
Partitief: eerbiedigs

Betekenis:
• Vol agting en respek. Deur eerbied te koester of te vertoon.

Gebruik:
• Die man het eerbiedig sy hoof gebuig voordat hy begin bid het.

Sinoniem:
• respekteer

Antoniem:
• minagtend
• oneerbiedig

Vertaling:
Engels: respectful, courteous, well-mannered
Nederlands: eerbiedig


Werkwoord: eerbiedig
Verlede tyd: het geëerbiedig

Betekenis:
• Eerbied hê of wys; respekteer; niks doen wat teen iemand se wil is of op sy regte inbreuk maak nie.

Gebruik:
• Dis belangrik om plaaslike tradisies en gebruike te eerbiedig.

Vertaling:
Engels: to honor
Nederlands: eerbiedigen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: eggenote
Volgende onderwerp: ligtekooi
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 04:34:41 UTC 2025