veldtog [boodskap #131059] |
Sun, 26 April 2020 16:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
veldtog
Afbreking: veld•tog
Samestelling: veld + tog
Uitspraak: /ˈfɛl.tɔχ/
Selfstandige naamwoord: veldtog
Meervoud: veldtogte
Verkleinwoord: veldtoggie
Meervoud van verkleining: veldtoggies
Betekenis:
• 'n Georganiseerde optrede of protesaksie.
• Militêre optrede; die teveldetrekking van 'n leër om teen 'n vyand te veg.
Gebruik:
• Hulle het 'n veldtog van stapel gestuur om kapsie te maak teen die opgeblaasde eiendomswaardasies.
• Ná 'n moeilike veldtog en die nege maande lange beleg is Bisantynse beheer in 961 oor die eiland Kreta herstel.
Sinoniem:
• kampanje
Afgelei:
• bemarkingsveldtog
• bewusmakingsveldtog
• inentingsveldtog
• insamelingsveldtog
• lasterveldtog
• verkiesingsveldtog
Vertaling:
Engels: campaign
Nederlands: veldtocht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|