Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » pinkie
pinkie [boodskap #131047] Sun, 26 April 2020 07:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20993
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die pinkie.
Die pinkie.
pinkie
Afbreking: pin•kie


Selfstandige naamwoord: pinkie
Meervoud: pinkies
Verkleinwoord: pinkietjie
Meervoud van verkleining: pinkietjies

Betekenis:
• Die vyfde, laaste en kleinste vinger wat langs die ringvinger lê.

Gebruik:
• Hy het sy pinkie verstuit.

Spreekwoord:
• Iemand om jou pinkie draai. [Heeltemal baas wees oor iemand.]
• Meer verstand in sy pinkie hê as 'n ander in sy hele lyf. [Baie slimmer wees.]
• Gee hom 'n pinkie, dan vat hy die hele hand. ['n Mens eien hom meer toe as wat jy hom wil toelaat.]

Holoniem:
• hand

Hiperoniem:
• vinger

Vertaling:
Engels: little finger, pinky
Nederlands: pink

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: menstruasie
Volgende onderwerp: klimaatsverandering
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 02:09:27 UTC 2025