Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kafdraf
kafdraf [boodskap #131045] Sun, 26 April 2020 07:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20993
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
kafdraf
Afbreking: kaf•draf
Samestelling: kaf + draf


Werkwoord: kafdraf
Verlede tyd: het kafgedraf

Betekenis:
• Iets maklik baasraak; bemeester of voltooi; 'n wegholoorwinning behaal.
• Iets gou verorber.

Gebruik:
• Die opponente was onfiks en ons kon hulle sommer maklik kafdraf.
• Die koeksisters is gou kafgedraf.

Spreekwoord:
• Iemand kafdraf. [Iemand verslaan; wen.]

Sinoniem:
• kafloop
• korte mette maak

Vertaling:
Engels: to quickly overcome, make short work of
Nederlands: er korte metten mee maken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: moederloos
Volgende onderwerp: menstruasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 02:18:14 UTC 2025