springbok [boodskap #131042] |
Sun, 26 April 2020 06:24 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
springbok
Afbreking: spring•bok
Samestelling: spring + bok
Selfstandige naamwoord: springbok
Meervoud: springbokke
Verkleinwoord: springbokkie
Meervoud van verkleining: springbokkies
Betekenis:
• Klein, bruin-en-wit wildsbok van die westelike dele van Suider-Afrika, Antidorcas marsupialis.
Gebruik:
• Die springbok is die nasionale soogdier van Suid-Afrika en is vroeër ook as die nasionale sportembleem van Suid-Afrika gebruik.
Hiperoniem:
• wildsbok
Afgelei:
• springboklam
• springbokooi
• springbokram
Vertaling:
Engels: springbuck, springbok
Nederlands: springbok
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|