Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » karavaan
karavaan [boodskap #131034] Sat, 25 April 2020 16:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20993
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Karavaan.
'n Karavaan.
karavaan
Afbreking: ka•ra•vaan


Selfstandige naamwoord: karavaan
Meervoud: karavane
Verkleinwoord: karavaantjie
Meervoud van verkleining: karavaantjies

Betekenis:
• 'n Woonwa; vervoerbare sleepwa waarin mense kan woon en slaap.
• Groep of konvooi van reisigers met pakdiere soos kamele.

Gebruik:
• Haar ma bedryf 'n skoonheidsalon vanuit 'n karavaan in die voortuin.
Karavane het doeltreffende handel oor die Saharawoestyn moontlik gemaak.

Sinoniem:
• woonwa

Afgelei:
• karavaanhandel
• karavaanroete
• karavaantog
• karavaangewys

Vertaling:
Engels: caravan
Nederlands: karavaan

Nota:
• Van Persies, 'kārvān'.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: euforie
Volgende onderwerp: manlikheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 02:00:51 UTC 2025