Betekenis:
• 'n Sagte, kneebare mengsel van meel met water of melk, dikwels met ander bestanddele soos sout, suiker, eiers en gis, wat gebruik word om brood of 'n ander baksel te vervaardig.
Gebruik:
• Wanneer bakpoeier met water in aanraking kom, stel dit koolstofdioksied vry, wat die deeg laat rys.
Spreekwoord:
• Hy is soos deeg in haar hande. [Hy is sterk onder haar invloed.]