Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » deeg
deeg [boodskap #131030] Sat, 25 April 2020 10:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20993
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Deeg word geknie.
Deeg word geknie.
deeg
Afbreking: deeg


Selfstandige naamwoord: deeg
Meervoud:
Verkleinwoord: degie
Meervoud van verkleining: degies

Betekenis:
• 'n Mengsel van meel met water of melk, dikwels met suiker en sout en soms gis, eiers, speserye, vrugte, neute of sade, wat gebak, gestoom of gebraai word om brood of 'n ander baksel te vervaardig.

Gebruik:
• As die bakpoeier met water in aanraking kom, skei dit koolsuurgas af, wat die deeg laat oprys.

Spreekwoord:
• Hy is soos deeg in haar hande. [Hy is sterk onder haar invloed.]

Hiponiem:
• blaardeeg
• brooddeeg
• koekdeeg
• vetkoekdeeg

Afgelei:
• deegagtig
• deegkussinkies
• deegmengsel
• deegplank
• deegroller
• deegskraper
• suurdeeg

Vertaling:
Engels: dough, paste
Nederlands: deeg

Nota:
• Moenie "deeg" met "deug" verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: fles
Volgende onderwerp: kantelpunt
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 02:20:16 UTC 2025