Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » pond
pond [boodskap #131021] Sat, 25 April 2020 07:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20993
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die voor- en agterkant van 'n 2,5 sjieling muntstuk.
Die voor- en agterkant van 'n 2,5 sjieling muntstuk.
pond
Afbreking: pond


Selfstandige naamwoord: pond
Meervoud: ponde
Verkleinwoord: pondjie
Meervoud van verkleining: pondjies

Betekenis:
• 'n Britse, asook 'n voormalige Suid-Afrikaanse geldeenheid.
• 'n Ou gewigsmaat gelyk aan 16 onse.

Gebruik:
• Die Suid-Afrikaanse pond kon onderverdeel word in 8 halfkrone, óf 20 sjielings, óf 240 pennies.
• Een Engelse pond (lb) is 454 gram, terwyl 1 metriese pond 500 gram is.

Spreekwoord:
• Hoeveel onse in jou pond? [Wie word almal onder "ons" bedoel?]
• 'n Ons geluk is beter as 'n pond verstand. [Geluk help baie keer meer as verstand.]
• Een ons praktyk is beter as 'n pond teorie. [Ervaring beteken dikwels baie meer as kennis.]

Homofoon:
• pont (platboomvaartuig wat gebruik kan word om ’n rivier oor te steek)

Vertaling:
Engels: pound
Nederlands: pond

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: pont
Volgende onderwerp: fiskaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 02:37:51 UTC 2025