fopnuus [boodskap #131019] |
Sat, 25 April 2020 07:04 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
fopnuus
Afbreking: fop•nuus
Samestelling: fop + nuus
Uitspraak: /ˈfɔp.nys/
Selfstandige naamwoord: fopnuus
Meervoud: –
Betekenis:
• Vals beriggewing; leuens wat as nuus voorgehou word (doelbewus vir disinformasie, uit onkunde of vir satiriese effek).
Gebruik:
• Amerikaanse politici het Facebook, Twitter en Google aangemaan oor hul verspreiding van fopnuus.
Sinoniem:
• blufstories
• disinformasie
• propaganda
• waninligting
Hiperoniem:
• nuus
Vertaling:
Engels: fake news
Nederlands: nepnieuws
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|