Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dolfyn
dolfyn [boodskap #131015] Vr., 24 April 2020 20:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25457
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Dolfyn.
'n Dolfyn.
dolfyn
Afbreking: dol•fyn


Selfstandige naamwoord: dolfyn
Meervoud: dolfyne
Verkleinwoord: dolfyntjie
Meervoud van verkleining: dolfyntjies

Betekenis:
• 'n Waterlewende soogdier, verwant aan die walvis en tornyn (seevark).

Gebruik:
• 'n Dolfyn gebruik eggo-lokalisering om sy prooi op te spoor.
• Om saam met dolfyne te swem kan 'n ontspannende invloed op oorspanne mense hê.

Afgelei:
• dolfynmannetjie
• dolfyntenk
• dolfynwyfie

Vertaling:
Engels: dolphin
Nederlands: dolfijn

Nota:
• 'n Groep dolfyne word 'n skool genoem.
• Die woord kom van die ou-Griekse delphis (δελφίς), wat "met 'n baarmoeder" beteken (m.a.w. 'n vis met 'n baarmoeder, 'n soogdier).

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo., 10 Junie 2026 10:36]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: kameel
Volgende onderwerp: oormaat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Jun. 12 00:47:44 UTC 2026