Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kameel
kameel [boodskap #131014] Fri, 24 April 2020 20:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20993
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kameel met haar kleintjie.
'n Kameel met haar kleintjie.
kameel
Afbreking: ka•meel


Selfstandige naamwoord: kameel
Meervoud: kamele
Verkleinwoord: kameeltjie
Meervoud van verkleining: kameeltjies

Betekenis:
• Groot, mak woestyndier met een of twee boggels op die rug, familie Camelidae.

Gebruik:
• Die twee ware kamele is die dromedaris (met 'n enkele boggel) en die Baktriese kameel (met 'n dubbele boggel).

Spreekwoord:
• Dis die laaste strooi wat die kameel se rug breek. [Die ding wat die krisis laat ontstaan.]
• Die muggie uitsif, maar die kameel insluk. [Op kleinighede let, maar op belangrike, ernstige dinge geen ag slaan nie.]

Hiperoniem:
• hoefdier

Vertaling:
Engels: camel
Nederlands: kameel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: elmboog
Volgende onderwerp: dolfyn
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 02:18:28 UTC 2025