Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » visse
visse [boodskap #131009] Fri, 24 April 2020 18:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20993
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Visse
Visse
visse
Afbreking: vis•se
Uitspraak: /ˈfə.sə/


Selfstandige naamwoord: vis
Meervoud: visse
Verkleinwoord: vissie
Meervoud van verkleining: vissies

Betekenis:
• Meervoud van vis; meer as een vis. Gewerwelde diere met kiewe wat in die water bly.

Gebruik:
• 'n Skool visse is in die boot se nette vasgevang.
• En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. [Genesis 1:26]

Spreekwoord:
• Daar is baie visse in die see. [Daar sal ook ander mense oor jou pad kom.]

Vertaling:
Engels: fish, fishes
Nederlands: vissen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: despoot
Volgende onderwerp: kamera
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 01:57:53 UTC 2025