slukderm [boodskap #131007] |
Fri, 24 April 2020 18:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
slukderm
Afbreking: sluk•derm
Samestelling: sluk + derm
Selfstandige naamwoord: slukderm
Meervoud: slukderms
Verkleinwoord: slukdermpie
Meervoud van verkleining: slukdermpies
Betekenis:
• 'n Orgaan van die spysverteringstelsel wat voedsel, nadat dit gekou en gesluk is, na die maag afvoer.
Gebruik:
• Ritmiese sametrekking van die spiere in die slukderm stoot die kos af ondertoe.
Vertaling:
Engels: gullet, oesophagus
Latyn: oesophagus
Nederlands: slokdarm
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|