Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bloedsuier
bloedsuier [boodskap #131006] Fri, 24 April 2020 14:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20993
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Bloedsuier.
'n Bloedsuier.
bloedsuier
Afbreking: bloed•sui•er
Samestelling: bloed + suier


Selfstandige naamwoord: bloedsuier
Meervoud: bloedsuiers
Verkleinwoord: bloedsuiertjie
Meervoud van verkleining: bloedsuiertjies

Betekenis:
• 'n Soort wurm wat die bloed van mense en diere uitsuig.
• (figuurlik) Iemand wat ander uitbuit.

Gebruik:
• Die medisinale bloedsuier is in die ou tyd algemeen vir bloedlating gebruik om pasiënte se "slegte bloed" uit te suig.
• Die bloedsuier sal nie ophou voordat ons nie bankrot op straat sit nie!

Spreekwoord:
• Hy is 'n regte bloedsuier. ['n Hardvogtige woekeraar of uitbuiter.]

Vertaling:
Engels: leech
Nederlands: bloedzuiger

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kadet
Volgende onderwerp: slukderm
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 02:29:22 UTC 2025