eufemisme [boodskap #130980] |
Tue, 21 April 2020 16:22 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
eufemisme
Afbreking: eu•fe•mis•me
Selfstandige naamwoord: eufemisme
Meervoud: eufemismes
Verkleinwoord: eufemismetjie
Meervoud van verkleining: eufemismetjies
Betekenis:
• Die vervanging van 'n woord of uitdrukking deur 'n sagter, vriendeliker en mooier alternatief.
Gebruik:
• In kontras met 'n eufemisme, wat ter wille van versagting en verbloeming gebruik word, het 'n disfemisme 'n versterkende funksie.
• Prysaanpassing, beteken meestal dat die prys styg, en is dus 'n eufemisme vir prysverhoging.
Sinoniem:
• versagting
Antoniem:
• disfemisme
Afkorting:
• euf.
Vertaling:
Engels: euphemism
Nederlands: eufemisme
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|