Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » tabak
tabak [boodskap #130977] Mon, 20 April 2020 20:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20993
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Nicotiana tabacum
Nicotiana tabacum
tabak
Afbreking: ta•bak


Selfstandige naamwoord: tabak
Meervoud: tabakke
Verkleinwoord: tabakkie
Meervoud van verkleining: tabakkies

Betekenis:
• Die plant Nicotiana tabacum en verwante spesies.
• Die gedroogde blare van dié plant wat gerook, gekou of gesnuif word.

Gebruik:
Tabak is 'n eenjarige gewas wat meganies of per hand geoes word.
Tabak word vir sigarette, sigare en kerftabak gebruik en elke produk vereis bepaalde behandeling.

Spreekwoord:
• Hoe rook daardie tabak vir jou? [Wat het jy daarop te sê?]

Afgelei:
• kerftabak
• pruimtabak
• pyptabak
• sigarettabak

Vertaling:
Engels: tobacco
Nederlands: tabak

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: beenholte
Volgende onderwerp: sieklik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 02:24:36 UTC 2025