skilpaddop [boodskap #130974] |
Mon, 20 April 2020 17:59 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skilpaddop
Afbreking: skil•pad•dop
Samestelling: skilpad + dop
Selfstandige naamwoord: skilpaddop
Meervoud: skilpaddoppe
Verkleinwoord: skilpaddoppie
Meervoud van verkleining: skilpaddoppies
Betekenis:
• Die harde dop van 'n skilpad, waarvan die boonste deel die karapaks en onderste deel die plastron heet.
Gebruik:
• Die skilpaddop veroorsaak dat skilpaaie baie stadig beweeg, maar dit beskerm hulle doeltreffend teen roofdiere.
Vertaling:
Engels: tortoise shell
Nederlands: schildpadschild
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|