Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kordaat
kordaat [boodskap #130969] Mon, 20 April 2020 08:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20993
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
kordaat
Afbreking: kor•daat


Byvoeglike naamwoord: kordaat
Vergrotende trap: kordater
Oortreffende trap: kordaatste
Attributief: kordate
Partitief: kordaats

Betekenis:
• Moedig en dapper. Om met klaarblyklike selfvertroue of bravade op te tree.

Gebruik:
• Hy was 'n kordate kêrel van durf en daad.

Sinoniem:
• braaf
• beslis
• dapper
• grootdoenerig
• heroïes
• onbevrees
• onverskrokke
• pompeus
• selfversekerd
• stoutmoedig
• vasbeslote
• vasberade
• windmakerig

Afgelei:
• kordaatstuk

Vertaling:
Engels: bold, firm, plucky, resolute
Nederlands: kordaat


Bywoord: kordaat

Betekenis:
• Om met selfvertroue of bravade op te tree.

Gebruik:
• Sy het ewe kordaat die vergadering binnegestap.
• Die kiewiet het ewe kordaat die olifant van haar nes af weggejaag.

Vertaling:
Engels: bold, firm, plucky, resolute
Nederlands: kordaat

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: spannend
Volgende onderwerp: naak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 02:15:38 UTC 2025