Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » grenadella
grenadella [boodskap #130965] Sun, 19 April 2020 20:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20993
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Grenadella.
'n Grenadella.
grenadella
Afbreking: gre•na•del•la
Uitspraak: /xrənəˈdəlɑ/, /grənəˈdəlɑ/


Selfstandige naamwoord: grenadella
Meervoud: grenadellas
Verkleinwoord: grenadellatjie
Meervoud van verkleining: grenadellatjies

Betekenis:
• 'n Ovaal vrug met harde pitjies en 'n suurderige, geel sap.
• Die rankplant wat die vrugte dra, Passiflora edulis.

Gebruik:
Grenadellas is ryk aan vitamine, kalsium, yster, magnesium, sink en vele meer.
• Die grenadella is eie aan Suid-Afrika en groei maklik in ons klimaat.

Wisselvorm:
• granadilla

Sinoniem:
• groenegagie
• passievrug

Afgelei:
• grenadellablom
• grenadelladrank
• grenadellapit
• grenadellapulp
• grenadellasap

Vertaling:
Engels: granadilla, grenadilla, passionfruit
Nederlands: passievrucht
Venda: ḽifuranṋda, giranadila
Zoeloe: iganandela

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: granadilla
Volgende onderwerp: hyg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 02:22:56 UTC 2025