Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » granadilla
granadilla [boodskap #130964] Sun, 19 April 2020 19:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20993
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Granadilla.
'n Granadilla.
granadilla
Afbreking: gra•na•dil•la
Uitspraak: /xrənəˈdəlɑ/, /grənəˈdəlɑ/


Selfstandige naamwoord: granadilla
Meervoud: granadillas
Verkleinwoord: granadillatjie
Meervoud van verkleining: granadillatjies

Betekenis:
• Ovaal vrug met harde pitjies en 'n geel, suurderige sap.
• Die rankplant wat die vrugte dra, Passiflora edulis.

Gebruik:
Grenadillas is ryk aan vitamine, kalsium, yster, magnesium, sink en vele meer.
• Die granadilla is eie aan Suid Afrika en groei maklik in ons klimaat.

Wisselvorm:
• grenadella

Sinoniem:
• passievrug

Afgelei:
• grenadillablom
• grenadilladrank
• grenadillapit
• grenadillapulp
• grenadillasap

Vertaling:
Engels: granadilla, grenadilla, passionfruit
Nederlands: passievrucht
Venda: ḽifuranṋda, giranadila
Zoeloe: iganandela

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kweekhuiseffek
Volgende onderwerp: grenadella
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 02:30:24 UTC 2025