Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » rieme
rieme [boodskap #130958] Sun, 19 April 2020 17:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20993
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Rieme, deel van 'n perd se toom.
Rieme, deel van 'n perd se toom.
rieme
Afbreking: rie•me


Selfstandige naamwoord: riem
Meervoud: rieme
Verkleinwoord: riempie
Meervoud van verkleining: riempies

Betekenis:
• Meervoud van riem; meer as een riem.

Gebruik:
• Riemland in die Oos-Vrystaat het sy naam te danke aan die rieme wat in die tyd van die Voortrekkers en vroeë setlaars daar uit elandsvelle gesny is.

Spreekwoord:
• Hy lê die rieme neer. [Weghardloop.]
• Sy rieme styfloop. [In die moeilikheid wees.]
Rieme sny na die vel. [Klaarkom met wat jy het.]
• Uit jou rieme uit wees. [In 'n slegte bui wees.]
• Hy loop sy rieme styf. [In die moeilikheid wees.]
• Roei met die rieme wat jy het. [Jy moet klaarkom met die hulp wat jy het.]
• Van 'n ander se vel breë rieme sny. [Met 'n ander se goed spandabel te werk gaan.]
• Van anderman se leer is dit lekker om breë rieme te sny. [Dit is lekker om iemand anders se goed kwistig te gebruik.]
• Armoede leer 'n hond rou rieme vreet. [Armoede dwing jou om dinge te gebruik wat jy in beter omstandighede nooit sou gebruik nie.]

Vertaling:
Engels: belts, straps, thongs
Nederlands: riemen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skooldogter
Volgende onderwerp: skreef
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 02:03:39 UTC 2025