| vrot [boodskap #130946] |
So., 19 April 2020 09:26 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24212 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vrot
Afbreking: vrot
Uitspraak: /frɔt/
Byvoeglike naamwoord: vrot
Vergrotende trap: vrotter
Oortreffende trap: vrotste
Attributief: vrot
Partitief: vtots
Intensief: papvrot
Betekenis:
• Wat sleg geword het; reeds bederf is.
• Wat nie goed is nie; sleg.
Gebruik:
• Die appel is vrot.
• My punte lyk maar vrot!
Spreekwoord:
• Vroeg ryp, vroeg vrot. [Gesê van kinders wat te gou ontwikkel.]
• Een vrot appel steek al die ander aan. [Van 'n slegte persoon gaan daar skadelike invloed uit.]
Afgelei:
• vrotappel
• vrotheid
• vrotpootjie
• vrotsig
Vertaling:
Engels: rotten, decayed, putrid
Nederlands: vrot
Werkwoord: vrot
Verlede tyd: het gevrot
Teenwoordige deelwoord: vrottend, vrottende
Verlede deelwoord: gevrotte
Betekenis:
• Om sleg te word; besig om te bederf en te vergaan.
Gebruik:
• Die vleis sal vrot as jy dit nie vries nie.
Homofoon:
• frot (aanslaanspeletjie)
Vertaling:
Engels: to rot, decay, putrefy
Nederlands: verrotten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|