teiken [boodskap #130909] |
Fri, 17 April 2020 19:13 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
teiken
Afbreking: tei•ken
Uitspraak: /ˈtəi̯kən/
Selfstandige naamwoord: teiken
Meervoud: teikens
Verkleinwoord: teikentjie
Meervoud van verkleining: teikentjies
Betekenis:
• Iets waarheen 'n mens skiet.
• Dit wat 'n mens wil bereik; na stewe.
Gebruik:
• Dit was naby, maar jy het nie die teiken getref nie.
• Die maatskappy het nie sy finasiële teiken bereik nie.
Sinoniem:
• doel
• doelwit
• mikpunt
Afgelei:
• teikengehoor
• teikengroep
• teikenleser
• teikenmark
• teikenskiet
Vertaling:
Engels: target, goal, aim, mark
Nederlands: doel
Werkwoord: teiken
Verlede tyd: het geteiken
Betekenis:
• Om na iets te mik; op 'n doel rig.
Gebruik:
• Die winkelsentrum word gereeld deur misdadigers geteiken.
Vertaling:
Engels: to aim, target
Nederlands: mikken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|