Betekenis:
• Om 'n verlaagde druk met die mond of 'n apparaat te veroorsaak.
Gebruik:
• Sy suig die stokkielekker in haar kies.
Spreekwoord:
• Uit jou duim suig. [Iets self versin.]
• Waar die by sy heuning uitsuig, suig die spinnekop sy gif uit. [Party mense vertolk die dade van hulle medemens altyd so ongunstig moontlik.]