Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » straal
straal [boodskap #130888] Wed, 15 April 2020 20:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20993
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die straal van 'n sirkel.
Die straal van 'n sirkel.
straal
Afbreking: straal
Uitspraak: /strɑːl/


Selfstandige naamwoord: straal
Meervoud: strale
Verkleinwoord: straaltjie
Meervoud van verkleining: straaltjies

Betekenis:
• (natuurkunde) 'n Bundel vloeistof, gas, elektromagnetiese straling, ens.
• (wiskunde) Reguit lyn van die middelpunt na die omtrek van 'n sirkel of sfeer; radius.

Gebruik:
• 'n Straal water spuit uit die pyp uit. 'n Laser vorm 'n perfekte straal lig.
• Bereken die sirkel se straal.

Afgelei:
• bliksemstraal
• boogstraal
• ligstraal
• straalvormig
• weerligstraal
• x-straal

Vertaling:
Engels: ray, beam
Nederlands: straal


Werkwoord: straal
Verlede tyd: het gestraal

Betekenis:
• Om strale uit te stuur.

Gebruik:
• Sy straal van geluk.

Vertaling:
Engels: to shine, beam, glow, flash, radiate
Nederlands: stralen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: stoomroller
Volgende onderwerp: tuisland
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 08 22:00:55 UTC 2025