Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stoomroller
stoomroller [boodskap #130887] Wed, 15 April 2020 19:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20993
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Stoomroller.
'n Stoomroller.
stoomroller
Afbreking: stoom•rol•ler
Samestelling: stoom + roller
Uitspraak: /ˈstʊə̯mˌrɔ.lər/


Selfstandige naamwoord: stoomroller
Meervoud: stoomrollers
Verkleinwoord: stoomrollertjie
Meervoud van verkleining: stoomrollertjies

Betekenis:
• Industriële masjien waarmee grond gekompakteer word.

Gebruik:
• Ons het 'n stootskraper en 'n stoomroller langs die pad sien staan.

Sinoniem:
• padroller
• padwals
• padloper

Vertaling:
Engels: steamroller
Nederlands: stoomwals


Werkwoord: stoomroller
Verlede tyd: het gestoomroller
Teenwoordige deelwoord: stoomroller

Betekenis:
• Ongenaakbaar vorentoe beweeg, sonder om ander in ag te neem.

Gebruik:
• Hulle stoomroller eenvoudig hulle besluite deur die parlement.

Vertaling:
Engels: to steamroll
Nederlands: stomen


Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: stokkielekker
Volgende onderwerp: straal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 08 21:57:54 UTC 2025