Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » tweedrag
tweedrag [boodskap #130882] Wed, 15 April 2020 17:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20993
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
tweedrag
Afbreking: twee•drag
Samestelling: twee + drag


Selfstandige naamwoord: tweedrag
Meervoud:

Betekenis:
• Onenigheid tussen mense.

Gebruik:
• 'n Man van valse streke saai tweedrag, en 'n kwaadstoker skei vriende van mekaar. [Spreuke 16:28]

Spreekwoord:
Tweedrag breek krag. [Eendrag maak mag, maar verdeeldheid het die teenoorgestelde uitwerking.]

Sinoniem:
• onenigheid
• rusie
• tweespalt
• twis
• verdeeldheid

Antoniem:
• eendrag

Vertaling:
Engels: discord, dissension
Nederlands: tweedracht

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: lenig
Volgende onderwerp: stadsaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 08 21:51:27 UTC 2025